SKOOLDRAG
Die persoonlike voorkoms en kleredrag van ‘n leerder moet voldoen aan die norme en waardes van die skool, asook om die beeld van die skool eer aan te doen.
SKOOLREëLS
INSTAP VAN LEERDERS EN GEDRAG IN KLASKAMERS
AANTREE EN INSTAP
- Klok lui – leerders tree aan op onderskeie punte. Niemand mag nou hande gaan was of toilet toe gaan nie. Leerders moet stilbly en in reguit rye staan.
- Personeellid aan diens moet by rye bly tot al die leerders verdaag het.
- Stap in op bevel van onderwyser – ry vir ry met tasse in die hand weg van muur.
- Geen gesels in rye – stap netjies agter mekaar – loop flink en vinnig.
- Tree aan voor klas in gang – weg van muur. Tasse word in hand gedra weg van die muur – nie op die rug nie.
RYE EN SPEELGRONDDIENS
Onderwysers aan diens by terrein en rye moet:
- So gou moontlik by rye wees om orde te handhaaf.
- Aan die leerders verduidelik wat van hulle verwag word, bv. staan langs julle tasse, in reguit rye, stap in netjiese rye sonder om te gesels en tasse weg van die muur.
Leerderleiers:
- Staan agter die rye en beweeg nie tussen die rye deur nie.
- Mag nie met mekaar gesels terwyl die leerders instap nie.
- Geen redenasies met oortreders. Bespreek oortreding met betrokke onderwyser.
VOORSKOOL EN GEDURENDE POUSE
- Geen leerder in die klaskamer en gange nie. Indien hulle in die klas is, moet daar toesig wees.
- Maak slegs van oostelike ingang (by gr 7-klas) gebruik om kleedkamers te besoek.
- Slegs op reëndae is leerders ordelik in die gange, maar nie in die klaskamers nie.
- Geen speletjies wat leerdes se veiligheid in gevaar stel word toegelaat nie.
- Leerders mag nie voor skool en gedurende pouse op teeroppervlak vanaf Pleinstraathek tot by die westelike deur speel nie.
- Geen leerder speel met harde balle op die terrein nie. Handjie-tennis toelaatbaar.
- Geen spelery by motors nie.
- Onderwysers moet toesien dat leerders ordelik aantree by saalbyeenkomste.
- Klasonderwysers sit by klasgroep en sien toe dat almal stil en ordelik is.
- Leerderleiers, saam met betrokke personeel, sien toe dat inkom en verdaging van leerders gedurende saalbyeenkomste ordelik geskied.
GANGE
- Geen gesels in rye met leerders of onderwysers nie.
- Geen hardloop in gange nie.
- Loop altyd kortste pad buite om gebou (LO en Musiek).
- Middae en met aanvang van pouses wanneer leerders verdaag word moet onderwysers ook in gang staan en toesien dat elke kind in sy/haar klas die gang stil en korrek verlaat.
- Geen tasse in gange voor skool, behalwe reëndae. Gr 7’s plaas hulle tasse in rakkies.
- Geen leerder beweeg ooit verby die kantoor van die hoof of gebruik die swaaideur by sy kantoor nie – mag nie van trap by hoof se kantoor gebruik maak nie.
- Beweeg te alle tye stil en ordelik. Daar mag nie gehardloop of gesels word tydens klaswisseling nie.
- Leerders mag nie hang of lê teen mure nie.
KLASKAMERS
- Op bevel van onderwyser stap die klas binne.
- Gaan staan langs bank.
- Wag vir onderwyser se bevel om te gaan sit.
- Geen leerder mag onnodig die klas verlaat nie.
- Besoeke aan kleedkamers : nie gedurende die eerste periode of net na pouses nie; slegs een leerder op ‘n keer; onderwyser gebruik eie diskresie.
- Mag nie bank verlaat sonder verlof nie.
- Mag nie antwoorde uitskree nie – steek hand op.
- Mag nie vanuit klas onderwysers of maats in gange groet nie of met hulle gesels nie.
- Op onderwyser se bevel verlaat die leerders die klas.
- Geen leerder uit sy bank terwyl onderwyser uit die klas is of besig is met die klas nie.
- Leerders mag onder geen omstandighede in ‘n klaskamer eet of enigiets drink nie, behalwe water op baie warm dae.
- Geen tussen-in geselsery as onderwyser besig is om klas te gee nie.
- Gedurende ‘n toets/eksamen mag niemand praat nadat vraestel uitgedeel is nie EN almal se skrifte word gelyktydig alfabeties ingehandig
- Dissiplinêre stelsel sal streng toegepas word.
LAATKOM BY DIE SKOOL
- Indien ‘n leerder laat kom vir skool, moet hy/sy by die sekretaresse aanmeld.
- Indien leerder gereeld laat is vir skool, sal die ouers deur die hoof gekontak word
KLASBESOEK
- As enige onderwyser/volwassene of skoolhoof die klas besoek, staan die leerders netjies op en groet beleefd.
SNOEPIE
- Elkeen wag sy/haar beurt af. Geen leerder mag ‘n ander uit sy/haar ry stamp of indruk in die ry nie. Hierdie reël geld veral vir die groter leerders!
- Vriendelikheid en respek kos niks.
TOILETTE
- Geen spelery in toilette nie.
- Laat kosblikke buite.
- Geen verf mag van die mure afgekrap word nie.
- Toilette word altyd gespoel na gebruik en die deksel word afgeslaan.
SAAL
- Die skoolsaal is buite perke vir leerders, behalwe ten tyde van skoolaktiwiteite en onder toesig van ‘n onderwyser.