Redenaars
Redenaars is uit en uit om die leerders te ontwikkel en te bemagtig om voor ‘n groot groep mense jou sê te kan sê.
‘n Redenaar het net meer selfvertroue as ander kinders.
By W.A. Joubert neem die redenaars deel aan ‘n interne redenaarsdag asook aan die Nasionale Podiumpret Kompetisie .
Die kompetisie behels ‘n uitdun, ‘n semi-finaal en ‘n finale spreekbeurt in die kompetisie
Die seisoen begin Februarie en eindig in September.
Eisteddfod
Ons neem jaarliks deel aan die Eisteddfod. Leerlinge kan deelneem in die verskeie kategorieë o.a. voordrag, spreekkore, koor, musiek, sang, klavier, ballet, onvoorbereide lees ens.
Junior en Senior Kore
Die skool beskik oor ‘n Junior Koor (Gr. 1 – 3) en ‘n Senior Koor (Gr. 4 – 7).
Leerders word gekeur aan die hand van ‘n stemtoets wat alle belangstellendes moet aflê.
Die Koor oefen weekliks en tree graag by spesiale geleenthede en kompetisies op.
Die doel van die Koor is om die sangtalent van leerders te ontgin en te ontwikkel. Leerlinge leer ook dissipline, deursettings-vermoë en uithouvermoë aan.
Musiek
Daar word onderrig in ‘n groot verskeidenheid instrumente aangebied nl, Sang, Klavier, Klawerbord, Blokfluit, Kitaar, Ukulele en Teorie.
Leerlinge word jaarliks voorberei vir Trinity-eksamens asook vir verskeie sangkompetisies.
Kwaliteitonderrig word gegee deur ‘n gespesialiseerde musiekonderwyseres.
Skaak
Skaak word vanaf 2019 aangebied. Leerlinge word voorberei om aan interne- asook eksterne skaaktoernooie deel te neem.
Konsert
Ons bied tweejaarliks ‘n heelskoolkonsert aan. Elke “konsert-jaar” gaan gepaard met groot opgewondenheid en harde werk, tog is dit altyd ‘n genotvolle ervaring vir leerders, opvoeders sowel ouers.
Kultuuraand
Elke jaar word ‘n kultuuraand aangebied waar ons die jaar se hoogtepunte op kultuurgebied vier. Eisteddfod gediggies, sangitems, Trinity-eksamens en Kore items word met groot trots aangebied by hierdie geleentheid.
Paarl Talentkompetisie
Ons bied jaarliks ‘n Talentkompetisie aan wat Paarl en omliggende ongewing se beste talent tentoonstel. Ons maak gebruik van Professionele Kunstenaars en Beoordelaars by hierdie geleentheid. Prysgeld beloop altesaam R15 000 in kontant en nog vele meer.