ONDERNEMING VAN LAERSKOOL WA JOUBERT
Ons onderneem om deur middel van kwaliteit opvoeding aan leerders, genoegsame geleenthede te bied op akademiese-, sport- en kultuurgebied.
Ons wil leerders, met ‘n toekomsgerigte en kreatiewe benadering laat streef na uitnemendheid en begelei om hul volle potensiaal te bereik. Ons onderrigtaal is Afrikaans.
Ons strewe is om elke kind te laat ontwikkel tot ‘n unieke en gebalanseerde individu wat die noodsaaklikheid van die volgende kernwaardes sal verstaan en uitleef.
- RESPEK
- DISSIPLINE
- INTEGRITEIT
- LIEFDE